|
|
|
|
POMP 11
SKU
GRIFFEL40
In kort kan POMP beskryf word as 'n kunssinnige joernaal met 'n oopkop kontemporêre aanslag – maar mens leer gou dat jy POMP nie sommer in een netjiese sin kan beskryf nie. En dis ook miskien beter so. As mens alewig iets êrens wil inpas verloor jy 'n wyer perspektief en dis juis hiérdie perspektief wat bydra tot POMP se unieke identiteit.
POMP is nie 'n tydskrif of 'n boek nie maar 'n jaarlikse uitgawe met karaktereienskappe van beide. Dit is 'n visueel prikkelende versamelstuk vol gedagtes en inspirasie wat gebore is uit die ervarings en menings van mense wat nie die hoofpad kies nie maar eerder nuwe plekke langs die stofpad van die lewe ontdek.
Great vir jou koffietafel … of bedkassie liewer, sy lê tussen almal se lakens …
Bestel nou.
- Titel: Pomp 11 - 'n Biblioteek van gedagtes
- Outeur: Verskeie Skrywers
- Uitgewer: Griffel Media
- ISBN: 978-1920424-17-6
- Formaat: 240 mm x 170 mm; Bladsye: 480 Volkleur; Omslag: Semi-hardeband
- Aflewering: 5-7 dae
| Pomp 11 as aflaaibare E-Boek | Bestel Pomp 11 nou vir net R 79.00 as aflaaibare e-boek. U sal dit kan lees en deurblaai op u rekenaar nes 'n gewone boek, met die omnibus stelsel, wat ingesluit word hierby. Klik op die trollie knoppie hier onder om dit as aflaaibare e-boek te bestel.

Indien u Pomp 11 as gewone boek wil bestel, klik dan op die volgende trollie knoppie. |
Kliëntegradering
Gemiddelde Gradering
Pomp is baie oulik
|
Dit is duidelik dat die persoon hierbo wat skryf: "Totaal onaanvaarbaar.Deurspek met seksuele boodskappe en suggesties en new aids." nog gladnie 'n POMP gelees het nie.
Hoe kan mens 'n "review" skryf oor iets wat jy nie gelees het nie?
Ek gee POMP11 5 sterre, en dink dit is die ideale kersgeskenk vir die alternatiewe leser, wat nie net Mills&Boon boekies wil lees nie, maar eerder iets waarvoor mens nogal gevorderde insigte benodig.
|
Totaal onaanvaarbaar.Deurspek met seksuele boodskappe en suggesties en new aids.
|
View All 3 Reviews
Write A Review
|
|
|