|
|
|
|
Brood
SKU
GRIFFEL06
Brood is nie net die naam van Jak de Priester se splinternuwe musiekproduksie nie, maar kan ook sy eerste "versamelde werke" in boekvorm genoem word. In 'n onlangse artikel in Huisgenoot sê Jak: “Woorde is my daaglikse brood en daarom het ek besluit om dit 'Brood' te noem. Ek hoop mense geniet Brood. Dit is 'n deel van wie ek is – ek woeker met woorde en ek is mal daaroor."
Jak de Priester se sangloopbaan het professioneel afgeskop in September 2003 toe hy die "skool" verlaat het as kuns- en kultuur onnie by Hoërskool Eldoraigne. Dit was 'n groot stap, want hy het
nog nie sy eie faksmasjien gehad nie en die tannies wat in die kantoor gewerk het, het hom gehelp om al sy kwotasies vir konserte regoor die land te stuur en oproepe namens hom geneem.
Maar na sewe jaar het hy vyf oorspronklike albums op die rak, 'n gedig in die Nuwe Groot Verseboek, 'n paar toekennings ontvang, 'n digbundel vrygestel en talle verhoogproduksies op die planke gebring. En hy sing 'n temalied op die televisie elke aand.
"So baie mense het my al gevra vir die temalied van Binnelanders se woorde en musiek, en nou is dit in die boek. Dit was 'n fantastiese projek om aan te werk," sê Jak.
Hierdie boek bevat sy werke oor die laaste sewe jaar. Van lirieke tot bladmusiek tot nuutste poësie tot stories, persoonlike inligting en detail oor sy songs, artikels, en fotos's (baie foto's) vorm alles deel van die kunstige koffietafelboek. Saam met die boek is daar ook 'n CD met 'n liedjie wat hy vir sy pasgebore seun Jamie geskryf het.
Soos Nataniël sê: "Niemand weet wat Jak de Priester se geheim is nie, ek ken geen ander mens met soveel vreugde en energie nie. Ek bly my verwonder."
- Titel: Brood
- Outeur: Jak de Priester
- Uitgewer: Griffel Media
- ISBN: 978-0620460-70-5
- Formaat: 210 mm x 297 mm; Bladsye: 250 Kleur; Omslag: Sagteband; CD ingesluit
|
|
|